Modulekode | BYB 890 |
Kwalifikasie | Nagraads |
Fakulteit | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Module-inhoud | Omvattende verhandeling (100 tot 150 bladsye) word oor goedgekeurde navorsingsprojek gedoen. Gespesialiseerde kennis rondom Bybel- en godsdienskunde word verwag. Die volgende aspekte is belangrik: die analise, verwerking en evaluering van abstrakte kennis en konsepte; die selfstandige bevindinge en besluitneming om kontekstuele probleme op te los. Die beplanning, gebruik van bronne asook integrasie van kennis word verlang. Die aanvaarding van verantwoordelikheid vir navorsingsresultate asook die evaluering van persoonlike of groep se standpunte moet verreken word. Toelating tot doktorale en verder navorsingsonderrig word verleen. Navorsingsgebaseerde beroepe in die onderwys en samelewing in die algemeen is die vernaamste uitkomsgroepe. |
Modulekrediete | 180.00 |
Programme | |
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Onderrigtaal | Aparte klasse vir Engels en Afrikaans |
Akademiese organisasie | Bybel- en Godsdienskunde |
Aanbiedingstydperk | Jaar |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App